Alta Cloete het die skrywersnaam Marilé Cloete gebruik toe sy jare gelede kortverhale in tydskrifte begin publiseer het. Destyds was dit vir ’n ruk werklik ’n skuilnaam, maar die twee name word lank reeds bloot gebruik om genres te skei. Só kan die leser weet van Marilé kry sy romanses en van Alta kry sy (liefdes)romans en kortverhale. Ná die publikasie van meer as dertig romanses en nege romans bly die kortverhaal steeds haar gunstelinggenre. Dit is dus vir haar ’n groot vreugde dat VivA-Uitgewers skrywers die geleentheid gee om kortverhale te publiseer, aangesien die afsetgebied daarvoor so klein geword het. Alta het in die omgewing van sestig kortverhale gepubliseer (in Sarie, rooi rose, Huisgenoot, Vrouekeur, Voorligter, in die bundel Kleure van die liefde, saamgestel deur Corlia Fourie en onlangs in die bundel Vrydagaand, wat deur Elsa Winckler saamgestel en deur Protea uitgegee is) en sy sien uit na nog baie.
Alta woon in die Paarl en het betreklik laat in haar lewe voluit begin skryf. Nou is daar nie sprake van ophou nie. Skryf maak die leë nes (tot ’n mate) vol en hou depressie op ’n afstand. Skryf bring groot uitdagings, maar ook nuwe visie, nuwe energie, nuwe vriende en ongelooflike bevrediging.
Sy deel ’n huis met haar man Schalk, ’n passievolle landbounavorser wat nie die woord “aftrede” ken nie, vyf katte, elk met ’n unieke persoonlikheid, en ’n yslike Duitse herdershond met ’n hart so sag soos ’n malvalekker. Haar twee seuns is ingenieurs wat in Noorweë as navorsers werk. Die verlange is groot, maar die trots en dankbaarheid is groter.
Sy is baie aktief op sosiale media met die doel om boeke en lees, maar veral Afrikaanse boeke, te bevorder. Haar groepe “Kom ons lees weer Afrikaans” en “Afrikaanse boeke vir die jongklomp” speel ’n groot rol daarin.
Die geveg teen die stigma wat steeds rondom geestesgesondheid bestaan, lê haar na aan die hart en sy deel gereeld plasings hieroor op sosiale media. Sy het ook self ’n klein handleiding gepubliseer vir mense wat saam met depressie leef. Beveg depressie en leef voluit is nie meer as harde kopie beskikbaar nie, maar wel as PDF direk van Alta af.
In die Paarl is sy ’n lid van die organisasie Paarl Homeless Cats, wat hard werk om hawelose katte te versorg en hulle getalle deur sterilisasie te beperk.
Net ’n mens:
https://www.takealot.com/net-n-mens/PLID42030408
Opdrag van oorkant:
https://www.takealot.com/opdrag-van-oorkant/PLID40639263
Seisoen van lig en donker:
https://www.takealot.com/seisoen-van-lig-en-donker/PLID35740831
Seisoen van vervulling:
https://www.takealot.com/seisoen-van-vervulling/PLID35496487
Seisoen van genade:
https://www.takealot.com/seisoen-van-genade/PLID35015777
Seisoen van vergifnis:
https://www.takealot.com/seisoen-van-vergifnis/PLID34211188
’n Man vir altyd:
https://lapa.co.za/man-vir-altyd-apos-n
Tuiskoms van die hart
https://lapa.co.za/romanza/alle-romanza/tuiskoms-van-die-hart-marile-cloete
Kortverhale in bundels:
Kleure van die liefde
Vrydagaand:
https://www.takealot.com/all?_sb=1&_r=1&_si=f67f29f07ae77e63242405b0935823a2&qsearch=vrydagaand
Bemarkingskakels:
https://www.youtube.com/watch?v=WXadWr3WPlQ
https://www.youtube.com/watch?v=20CYL4XQ1VM
https://www.youtube.com/watch?v=jRDN2d1H5Mg
https://www.youtube.com/watch?v=Lgggx07VaVw