François Bloemhof se nuutste boek

Aanlyn

Analize Viljoen, Trisa Hugo
R225.00

François Bloemhof

François Bloemhof, veteraan-wenner van kompetisies waarin manuskripte anoniem beoordeel word of lesers self die wenboeke aanwys, verskuif al meer as drie dekades lank die grense van die Afrikaanse storie. Hy is ook steeds die enigste skrywer wêreldwyd om so uitgebreid vir volwassenes, tieners én jong lesers te skryf.

Sy skryfloopbaan is vol baanbrekerswerk, dikwels ook op internasionale vlak, met onder meer die:

  • enigste volledige multimediaboek, wat ’n oudio- en videokomponent insluit
  • eerste Gotiese roman in Afrikaans
  • enigste boek met oorspronklike CD-klankbaan
  • eerste boek met eie rekenaarspeletjie
  • eerste Afrikaanse eBoek
  • eerste Afrikaanse reeks met ’n vrouespeurder
  • eerste Afrikaanse reeks met ’n geheime agent
  • enigste interaktiewe koerantvervolgverhaal
  • eerste Afrikaanse rilreeks vir jong lesers
  • enigste Flipom met twee voorkante
  • enigste Afrikaanse strokiesreeks

François het ook al gesorg vir radiodramas en -vervolgverhale, tydskrifverhale, rolprentdraaiboeke, verhoogtekste, ’n kabaret en musiekopnames wat eie komposisies insluit.

 

Die volgende boeke van hom het by Lapa verskyn:

Die duiwel maak my hart so seer:

https://lapa.co.za/die-duiwel-maak-my-hart-so-seer

https://www.graffitiboeke.co.za/af/374078/Boeke

Die duisend en eerste nag

https://lapa.co.za/die-duisend-en-eerste-nag

https://www.graffitiboeke.co.za/af/374078/Boeke

Kry vir jou:

https://www.graffitiboeke.co.za/af/382955/Boeke

https://lapa.co.za/kry-vir-jou

Blou moord:

https://lapa.co.za/blou-moord

https://www.graffitiboeke.co.za/af/387893/Boeke

 

Bemarkingskakels:

https://www.youtube.com/watch?v=8-DBlWWWwhY

https://www.youtube.com/watch?v=oHsfzcIUbAo

https://www.youtube.com/watch?v=tRyXf8yx2gM