Sylvia de Kock woon en werk in Pretoria. Sy lees en reis graag, speel tjello en skiet boog. Sy waag ook haar hand aan ander genres, onder meer kinderboeke. Sylvia het ’n graad in Bestuursleiding cum laude aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf en ’n diploma in Menslikehulpbronbestuur.
Vorige publikasies sluit in In Sy teenwoordigheid en Nearer to God, gepubliseer deur Christelike Uitgewersmaatskappy. Blywende woorde wat deur Lux Verbi uitgegee is, is ’n dagstukkieboek met 90 oordenkings wat gebaseer is op aanhalings van bekende gelowige vroue soos Helene de Kock, Christine Ferreira, Marzanne Leroux-van der Boon, Elize Parker en Milanie Vosloo.
Sylvia het ook bydraes gelewer vir Omdat ek Ma liefhet en ’n Pa soos myne, wat deur Christelike Uitgewersmaatskappy uitgegee is. “Never alone”, ’n gedig, is opgeneem in die bundel Meandering paths, gepubliseer deur Africa Poetry Society.
’n Kinderboek, Bella se beste maatjie, het in 2021 verskyn.