Trisa Hugo se nuutste boek

Aanlyn

Analize Viljoen, Trisa Hugo
R225.00

Trisa Hugo

Trisa Hugo bedryf ’n gastehuis in Kleinmond. Sy is ’n skrywer, resensent, berader en hipnoterapeut. Sy leef bewustelik in harmonie met die mens en met die natuur. Met haar voete in die seesand en haar kop in die wolke, skryf sy stories oor gewone mense, soos syself – kortverhale in verskeie publikasies en twee romans. Die boek Oor en weer wat sy saam met Analize Viljoen geskryf het, is in 2020 benoem vir ’n ATKV-Woordveertjie. Sy is passievol oor die menslike aard, boeke en tegnologie. Hierdie belangstellings stel haar in staat om Boekemakranka saam met Analize te bedryf. Hulle voer onder andere aanlyn boekgesprekke, bied aanlyn boekbekendstellings aan en deel podsendings.

 

Oor en weer (saam met Analize Viljoen):

https://lapa.co.za/oor-en-weer

https://www.graffitibooks.co.za/en/373246/Boeke/Trisa-HugoAnalize-Viljoen-Oor-en-weer

Erfskandes

Verskeie kortverhale is in bundels opgeneem, soos Viersprong, Hartlam, Skrik op die lyf, en Vrydagaand.