Anton Treurnich is ‘n bekroonde skrywer, regisseur en akteur. Hy is ‘n gevestigde stem in die Afrikaanse vermaakbedryf en veral bekend vir sy treffer-radiovervolgverhale op RSG, insluitend Ivoorpaleis, Stoom, Nastergal en Dors.
Sy skryfwerk strek ook tot televisie, met draaiboeke vir kykNET-storiefilms soos Hart in Bos en episodes van die trefferreeks Die Byl. Anton is al vele male bekroon vir sy werk, onder meer met ‘n ATKV-Mediaveertjie, verskeie MTN Radio-toekennings, en as wenner van Netwerk24 se nasionale luisterdramakompetisie.