
.
R156.00
ISBN:
Of jy in ’n huis vol familie in jou geboorteland is, of alleen in ’n hotelkamer in die vreemde, eensaamheid lyk presies dieselfde. Jou beker sal altyd halfleeg bly as ander mense dit vir jou moet volmaak.
Hy tel die fotoraam op wat daar gelê het en stop voor die muur met die fotocollage. Toe hy weer praat, is sy stem vol hartseer en verlange. “Dis ’n storie oor … liefde wat nie kon blom nie, ’n skat wat nooit gevind is nie en ’n plek wat nie meer bestaan nie.”
Hy stap weg en vir ’n oomblik is daar net die stilte, die stilte van gesprekke wat nie afgehandel word nie. Die stilte van nie sê wat gesê moet word nie. ’n Stilte van nie verstaan nie, of nie wil verstaan nie. Dis ’n stilte wat swaar is en elke stukkie lewe uit ’n verhouding kan wurg.