Constant van Graan is ’n romanskrywer en dramaturg. Hy is ook senior lektor in die Program vir Forensiese Rekenmeesterskap by die Noordwes-Universiteit, liedjieskrywer en sanger van die musiekgroep Pelican State.
Sy skrywersdeurbraak kom in 2012 toe sy kortverhaal, “Plan B”, in Human & Rousseau se kortverhaalbundel, Nuwe Stories, opgeneem word. Kort daarna word dit opgevolg met kortverhale in die Woordfeesbundel en die internasionale The Bundle of Joy and other Stories from Africa. In 2015 skryf en regisseer hy die donker komedie “Wolf ter slagting” wat by Aardklop debuteer en dis ook in dié tyd wat Jungu Josh, sy fantasiereeks, gebore word. Vandag is Jungu Josh bekend as ’n unieke bydrae tot die Afrikaanse fantasiegenre, en Constant brei die Jungu Josh-wêreld uit met ’n Magani-woordeboek, Jungu Josh-temalied en interaktiewe webtuiste.
Skakel
Jungu Josh-reeks
https://www.takealot.com/jungu-josh-1-die-goue-kalbas/PLID69358192
https://www.loot.co.za/product/constant-van-graan-jungu-josh-1-die-goue-kalbas/dbmb-6943-g700
https://www.graffitiboeke.co.za/af/a/Soek/0/date_publish%20DESC/Constant%20Van%20Graan
https://www.thebookkeepershop.co.za/search?q=jungu+josh&options%5Bprefix%5D=last