Kreng

R156.00

Kreng

ISBN:

978-0-6397-9568-3

“Sy woorde droog op. ’n Koue rilling gaan teen sy ruggraat af. Hy herken die oë wat deur die blare vir hom loer …”

Kreng is ’n ongewone kortverhaalbundel. Die stories vermeng nie net elemente van magiese realisme en fantasie nie, maar daar is iets sinister onderliggend teenwoordig. In “Die Ander Een” is Paul op ’n staptoer in die Krugerwildtuin waar hy deur iemand uit sy verlede gekonfronteer word, terwyl “Kreng” die leser behoorlik die skrik op die lyf jaag wanneer die hoofkarakter poog om met sy dooie geliefde te herenig. Die spanning word verlig met “Blerts”, “Die jongeling” en “Mellie” – eerlike verhale oor die uitdagings van menswees. “Die geleentheid” – ’n “onskuldige” partytjie wat vinnig ontaard – en “Die gejeuk” waar ’n pasiënt ’n onortodokse dokter besoek, is grillerig genoeg om jou nagmerries te gee.

Wat gebeur as die onaardse die goeie in mense oorneem? Die stories in Kreng laat jou besef: Die skeidslyn tussen die goeie en die bose is ragfyn …

Nuutste boeke beskikbaar op
VivA-Uitgewers

Aan die oorwinnaars die buit

Malene Breytenbach
R156.00

Wie Hoor Wense?

Elsa Winckler
R116.00