Liesl Janse van Rensburg se nuutste boek

Hoërskool Gruwel

Liesl Janse van Rensburg
R116.00

Liesl Janse van Rensburg

Liesl is in Middelburg (Mpumalanga) gebore, maar het in Nelspruit grootgeword.

Ná skool het sy BA aan RAU behaal en in 2010 ’n honneursgraad in Afrikaans en Duits aan die NWU. Haar gunstelingvak was Kinderliteratuur en Kreatiewe Skryfwerk.

Liesl woon in Johannesburg saam met haar man, Johan, en drie honde: Sersant, Brandy en Pepsie. Sy gee Afrikaans vir graadvyf- en graadsesleerders aan ’n privaat skool. Sy is ’n voltydse tutor en skryf ook leesgidse vir kinderliteratuur. Haar stokperdjies is lees, skryf en huis mooimaak.

 

Ander boeke deur die skrywer

Leesgids: My ouma is ‘n rockster  (ISBN: 9781776357673)

Leesgids: Lukas bou ‘n superkar (ISBN: 9781776357666)

Leesgids: ‘n Hart is net atome (ISBN: 9781776358502)

 

Almal is deur Lapa Uitgewers uitgegee.