.
R116.00
ISBN:
Vyf vroue, vyf lewensreise – van die tyd van die eerste mense af tot nou.
Elkeen se omstandighede verskil, maar hulle het soveel gemeen: liefde en verlies, twyfel en onsekerheid, ’n las wat te swaar voel om te dra.
Daar is krag in woorde. Ook in klippe. ’n Klip is vol energie. Vir elkeen van die vyf bring die klippe insig, helderheid en bevryding; vir elkeen wag daar ’n wonderwerk en die besef: In die natuur sterf niks ooit regtig nie, dit word net hergebore.