Lawa vir ’n winterhart

R116.00

Lawa vir ’n winterhart

ISBN:

978-1-0370-7049-5

Delia de Winter is alombekend in hul klein tuisdorpie as die onbereikbare, koue ystervrou. Dis immers hoe haar pa haar geleer het die baas van hul familiebesigheid moet wees as sy eendag die empire wil bestuur. Dit is ook hoe sy dinge verkies – om in beheer te wees. Vir goed soos emosies en liefde is daar nie tyd nie. Daarom was haar hart nog altyd gevries.

Dan stel haar pa iemand aan om ondersoek in te stel na die toenemende ongerymdhede en verdagte transaksies. Die man kom neem vinnig beheer oor, selfs op die muurbalbaan waar sy nog altyd as die wenner geseëvier het.

Stadig maar seker smelt die skanse om haar hart en sy stel haarself bloot aan liefde – net om weer seer te kry. Met kenmerkende onwrikbaarheid neem sy haar voor om nooit weer toe te laat dat die lawa van liefde haar hart ontvries nie. Sy hou egter nie rekenskap met Hein se vurige persoonlikheid of sy oorrompelende liefde nie.

Lees die volledige liefdesverhaal deur Zinèt Oosthuizen, hier beskikbaar teen R116,00.

Nuutste boeke beskikbaar op
VivA-Uitgewers

Lawa vir ’n winterhart

Zinèt Oosthuizen
R116.00

Mamma, jy’s die beste!

Sylvia de Kock
R156.00