.
R156.00
ISBN:
Lia de Lange werk by die gesogte modehuis, @Las. Haar baas, Charlotte, is ’n heks van ’n rooikopvrou wat geen geduld het met Lia nie en haar soos ’n onderdaan behandel. Lia het self opleiding as modeontwerper, maar Charlotte stel nie in haar ontwerpe belang nie.
Een van haar kollegas, Kian Krige, is die spreekwoordelike lang donker held wat alle vroue laat swymel. Lia is al lankal gaande oor hom, maar hy kyk altyd fronsend na haar, asof hy niks van haar hou nie.
Dan stuur Charlotte haar en Kian na ’n nuwe ontwerper toe met ’n kontrak vir @Las se somerreeks. Dis niemand anders nie as die flambojante Jean-Claude le Roux, wat saam met Lia geswot het. Lia hoop van harte hy stel nie teleur nie, want Charlotte het haar duidelik laat verstaan dat haar werk in die gedrang is as die projek misluk.
Ná die besoek gaan drink sy en Kian koffie en so ontstaan hulle vriendskap. Toe Lia siek word, bring hy vir haar medisyne. Jean-Claude laat weet hy kan nie meer hulle somerreeks ontwerp nie, en Kian moedig haar aan om haar ontwerpe voor te lê.
Maar Kian het ’n geheim. Hy het ’n alter ego – een wat die vermoëns van ’n superheld het. En Lia is juis van kleins af versot op die strokies en flieks oor superhelde.