.
R156.00
ISBN:
’n Gelowige ma wat moeite doen om God te ken, dra in haar ’n afskynsel van God se troue liefde. Dis ’n liefde wat ondersteun, wat vergewe, wat die kwaad miskyk, wat potensiaal raaksien, wat potensiaal help ontwikkel. Dit is ’n liefde wat juis in vreugde saam lag en saam ween wanneer dit sleg gaan. Op so ’n liefde kan mens steun. Hierdie liefde oorskry die perke van ons menslike brein. Wie kan dit begryp? Dit is ’n liefde wat nooit ophou nie: ewigdurend en standvastig. ’n Liefde wat jou regop hou. Vir altyd.
Al 100 dagstukkies deur Sylvia de Kock is hier beskikbaar teen R156,00! Hierdie eenmalige fooi sluit die e-boek asook die klankbaan in.